Algemeen

Daar is ʼn Speelgroep klas (3-4 jaar), Graad RR klasse (4-5 jaar) en Graad R klasse (5-6 jaar) wat funksioneer onder toesig van gekwalifiseerde onderwyseresse. Die Speelgroepklas het ʼn assistent wat die onderwyseres help.

Die Graad R klasse dien terselfdertyd as brugklasse vir Graad een. Al die klasse volg ʼn goedgekeurde dagprogram.
Vir u as ouer bly dit ʼn groot gerief om u skoolgaande kinders asook kleuterkinders op een perseel versorg te kan hê.

Deur aan u kleuter die geleentheid te gee om hier skool te gaan, word ʼn vroeë band ontwikkel met die toekomstige “groot skool” en betree hierdie kinders hulle Graad een-jaar met baie meer selfvertroue en sonder vrees aan.
Horison Preprimêr is die mees unieke skool met ʼn magdom van noodsaaklike ontwikkelingsaktiwiteite.

Skoolure

Die dagprogram begin 8:00 en word om 13:00 afgesluit. Die kleuterskool verdaag amptelik om 13:00. `n Wagklas in die Mediasentrum vanaf 5:45- 07:00 in die oggend, indien u, u kleuter vroeër by die skool moet aflaai.

Naskool

  • Opsie 1: Halfdag: Vanaf 08:00 tot 13:00. Die leerders bring nog steeds hulle kosblik vir happietyd +- 10uur en die koste is R17 158 per jaar. Dit word opgebreek in ‘n registrasiefooi vanR700 en ‘ n afbetaling van R1496.18 per maand oor 11 maande. Hierdie leerders word dus afgehaal om 13:00.
  • Opsie 2:Voldag vanaf van 08:00-17:30 .Die leerders bring nogsteeds kossies vir happietyd +-10uur .Hulle ontvang dan iets te ete na 13:00 asook ‘n laatmiddag versnappering.Hulle totale koste is is R28 200 per jaar wat opgebreek word in R700 registrasiefooi en ‘m afbetaling van R2500 per maand oor 11 maande. Hierdie diens sal oop wees tydens die normale skoolvakansies in die jaar, maar sal gesluit wees tydens die Desember/ Januarie skoolvakansies.
  • Neem asb kennis die is die huidige kostes van die naskool.Daar kan ‘n % verhoging wees vir 2022.
  • Vir alle navrae kontak gerus e-pos gerus Juffrou Bernice Coetzer by 081 503 7566
  • Skooldrag

    Horison Preprimêr beskik oor hulle eie skooldrag wat bestaan uit ʼn speelpakkie vir die somer en ʼn skoolsweetpak vir die winter.
    Die Preprimêre Skool het ook hul eie skooldrag - dit is te koop by:

    Antoinettes Uitrusters: (H/v Horn- en Genl Pienaarstraat, Witpoortjie; Telno. 011/955-2285)
    Viva Sport: (H/v Olivierstraat 10 en The Highway, Florida; Telno. 011/672-7562)
    Aanlyn aankope: (lezel@digitalstorm.co.za; Telno. 011/477-8281)
    Friendly House: (Van Wykstraat 13, Roodepoort; Telno. 011/763-2566)

    Vrydae: 'n Denim broek met oranje arendhempie.

    Horison Pre-Primer se skoolklere beskik oor die nuwe swart Gholfhempie en 'n swart kortbroek vir die Somer. In die winter is dit die nuwe Swart skool sweetpak.

    Afluitingsfunksie en gradeplegtigheid

    Jaarliks word ʼn afsluitingsfunksie aangebied. Dit behels ʼn konsert vir die Graad R, Graad RR en die Speelgroep kleuters. Vir die Graad R-kleuters word daar ook ʼn “gradeplegtigheid” aangebied.

    Skoolgelde

    Klasgelde word jaarliks vasgestel en is streng vooruit betaalbaar voor die 7de van elke maand. Skoolgelde moet ongelukkig ook betaal word wanneer ouers met verlof gaan asook gedurende skoolvakansies aangesien die personeel steeds betaal moet word.
    Skoolgelde vir Desember is betaalbaar teen die einde van November. Registrasiefooi is ook betaalbaar met die inskrywing.
    ABSA Horison Tak, Laerskool Horison, Rek: 0330 714 603, Tak: 63200/5, Verwysing: Sonskynland, Faks: 011 763 6355

    Skriftelike kennisgewing van skoolverlaters

    Een maand kennisgewing word verlang indien u kleuter die skool gaan verlaat.
    Indien u na registrasie van besluit verander en nie meer van die fasiliteite van Horison Preprimêr vir die volgende jaar wil gebruik maak nie moet u asseblief voor die 31 Oktober die skool skriftelik daarvan in kennis stel.

    Ondersteunende dienste

    Ons maak gebruik van ʼn multidissiplinêre span wat werksaam is by Laerskool Horison.
    Dit sluit die dienste in van ʼn opvoedkundige sielkundige, arbeidsterapeut, spraakterapeut, taalterapeut, sowel as oudioloog.

    Naskoolsentrum

    Die naskoolsentrum is ook beskikbaar vir die kleuters. (Lees meer)

    Lees en leer die skoollied

    Skoollied (Pdf)